SUNETTE BRIDGES SKANDE!!!

SUNETTE BRIDGES SKANDE!!!


Suid Afrikaners op wie ons trots is en vir wie ons skaam kry.

‘N WIT ma van Limpopo oorweeg regstappe teen die REGSE Sunette Bridges na sy na haar swart aangenome seuntjie as ’n “k*ffertjie” verwys het “van wie daar ontslae geraak moet word”.


Sunette, wat openlik rassisties op haar Facebookblad is en ook nie skaam is om met regse groepe te assosieer nie, het verlede week ’n woedende aanval op Joma van der Merwe geloods na Joma haar aangespreek het oor haar rassisme! 


Intussen het die menseregtekommissie bevestig dat drie mense die week klagtes van HAATSPRAAK teen Sunette aanhangig gemaak het. 

Die drama tussen Joma en Sunette het begin na Sunette se naam op die sogenaamde “skaamblad” verskyn het. Die blad, Suid-Afrikaners vir wie ons skaamkry en op wie ons trots is, is sowat vier maande gelede gestig. Die lede het ’n vurige aanval op Sunette se rassime geloods.



’n Gemanipuleerde foto van Sunette is ook op die blad geplaas. Joma, wat haar kind teen regse groepe wil beskerm en daarom sy naam anomie wil hou, vertel: “Sunette het toe per e-pos my daarvan beskuldig dat ek die administrateur van die blad is en sy het met stappe gedreig.”



Die e-posse, wat in Sondagse besit is, het tussen hulle gevlieg en Sunette het die gewraakte woorde geskryf: 


“LOL! ...nee... jy Jomammatjie, het ’n groot fout gemaak! Ek het vir jou lankal gese wat my mening oor k*ffers is en jy het een gaan aanneem. Ek skaam my vir jou en daarom sal ek jou treiter tot jy nie meer kan nie – ek wat soveel omgee vir my mense sal toesien dat jy breek oor jou volksverraad. Kuier lekker daar by die hole op FB. Ek hou jou dop pop! Sodra jy van jou k*ffertjie ontslae raak los ek vir jou ook hoor sussie!”



Sunette ontken sy het die e-pos gestuur – hoewel dit van haar e-posadres af gestuur is – en beweer dat Joma die e-pos gemanupileer het om haar naam deur die modder te sleep. Joma ontken sy het die e-pos gemanipuleer. Joma gaan ook ’n naamskendingsaak teen Sunette maak en wil haar ook dagvaar vir laster.



Sunette sê: “Ek is deeglik bewus daarvan dat die k-woord nie gebruik mag word nie en om daardie rede het ek my nog nooit daaraan skuldig gemaak nie.” Sunette beskou Joma as ’n “k*fferlover” en regse groepe het op Sunette se blad gespog dat “hulle vining van die Joma-probleempie ontslae sal raak en dat sy (Sunette) nie polisie toe moet gaan oor die intimidasie op die skaamblad nie”.



Joma se seuntjie is Afrikaans. “Hy kan ook ’n Afrikaner genoem word al is hy nie wit nie.” Sunette was teen druktyd nog nie bewus van die klagte teen haar nie.



Suid Afrikaners op wie ons trots is en vir wie ons skaam kry.

Die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek klagtes dat die omstrede sangeres Sunette Bridges tydens ’n liefdadigheidsete vir arm kinders geweier het om lekkers aan ’n swart seun te gee.

Joma van der Merwe van Phalaborwa in Limpopo sê sy het in Junie die sangeres na ’n huis in Danville, Pretoria, genooi om soetgoed aan armes uit te deel. “Toe Sunette sien daar is ’n swart kind wat in die tou staan, h
et sy vir my gesê sy hoop nie ons verwag dat sy die swart kind ’n drukkie moet gee nie, want ons weet mos hoe voel sy oor swartes. Ek het toe vir haar gesê dis my aangenome kind en ek sal hom uit die tou gaan haal,” sê Van der Merwe. Bridges het gister aan Rapport ontken dat sy rassisties opgetree het en sê die doel van die dag was om lekkers vir arm kinders te gee, “nie vir die kind van die organiseerder nie”.

Ná die voorval het ’n eposoorlog tussen Bridges en Van der Merwe losgebars wat na die sangeres se Facebookblad oorgespoel het. ’n Vrou van Hermanus wat anonym wil bly het gesien hoe van die sangeres se 10 000 volgelinge Van der Merwe slegsê en het op haar beurt ’n klag by die MRK ingedien.

Isaac Mangena, MRKwoordvoerder, het bevestig dat die kommissie ’n klag ontvang het.“Ja, ons ondersoek ’n klag van rassisme teen Sunette Bridges vir uitlatings wat op sosiale media gemaak is,” sê Mangena.

Van der Merwe sê sy was baie teleurgesteld toe Bridges só opgetree het. “Ek het toe sommer vir my kind gesê die lekkers is vir arm kinders en dat hy syne later sal kry. “Ek wou nie daar ’n scene maak nie, maar ek het wel vir haar ’n brief geskryf,” sê Van der Merwe. “Ek het daai kind gekry toe hy twee dae oud was. Hy is nou nege, speel rugby en praat mooi Afrikaans.

“Velkleur moenie in die pad staan van liefde en respek nie,” sê Van der Merwe. Sy beplan om ook ’n klag by die MRK in te dien. Van der Merwe het eposbewyse aan Rapport gewys waarin Bridges die kwoord gebruik. Die sangeres het in reaksie daarop aan Rapport gesê daar kan maklik met eposse gepeuter word. “Ek het al male sonder tal die vraag oor of ek ’n rassis is geantwoord. Die kort antwoord is nee. Ek glo egter BoereAfrikaners het die reg om oor hulself te regeer,” sê sy.

Sy het ook al op haar Facebookblad geskryf die ware betekenis van die woord “rassis” het lankal sy werklike betekenis in die SuidAfrikaanse konteks verloor.

“Hy word deesdae bloot gebruik om alles te beskryf wat enige wit persoon doen waarvan ’n swart persoon nie hou nie. Wanneer ’n swart man in ’n pos aangestel word bo ’n blanke man wat beter gekwalifiseerd is, is dit nié rassisties nie.” Sy sê: “Ek het nog nooit ‘uitsprake’ teenoor swart mense gemaak nie. As ek my uitspreek oor ’n minister wat nie sy of haar werk nie doen nie, is dit nie my skuld as daai minister swart is nie. “As ek woedend raak oor barbare wat bejaardes met byle, grawe of pangas vermoor, is dit nie my skuld dat daai barbare swart is nie,” sê sy.

Een van die eposse wat Bridges glo aan Van der Merwe gestuur het, lui: “LOL! ... nee ... jy Jomammatjie, het ’n groot fout gemaak! Ek het vir jou lankal gesê wat my mening oor k****s is en jy het een gaan aanneem.”
Bridges sê Van der Merwe het self die epos geskryf en aan haarself gerig. “Ek sit met al die oorspronklike kommunikasie tussen my en daai vrou. Toe ek die eerste keer die epos sien, het ek haar daaroor gekonfronteer en haar gewaarsku dat ek ’n klag teen haar gaan indien as sy volhou dat ek verantwoordelik is vir die snert,” sê Bridges.
Top of Form



http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Die-jongste-oor-Sunette-Bridges-20110730
Die sangeres Sunette Bridges en haar aanhangers se gesprekke op Facebook is steeds net so omstrede.

Dié gesprekke het al in die ­verlede ’n klein storm veroorsaak weens rassistiese aanmerkings.

Die sangeres word gekritiseer omdat sy as openbare figuur nie haar volgelinge in die bek ruk oor die soms rassistiese trant van hul opmerkings nie.

Op Mandela-dag (Maandag 18 Julie) het een van haar vriende, Johann Steinberg, voorgestel dat “al ons vriende hul kinders uit skole haal om hulde te bring aan ons gevalle helde … in plaas daarvan om ’n demoon te vereer”.

Bridges reageer self op ’n stelling in die media deur mnr. Boitumelo Senokoane, ’n dosent in teologiese etiek aan Unisa, “dat wit mense se isolasie hul eie skuld is”. Sy sê daarop: “Blankes kon alles vir hulself opbou … vir wat kon julle dit nie doen nie?… julle is flippen onbekwaam en agtergeblewe...”

Sy meen mev. Michelle Obama het Suid-Afrika onlangs besoek net om te kyk hoe dit met voorheen benadeeldes gaan en sê niemand in die buiteland “gee ’n bloue duit vir Suid-Afrika se wit man om ­nie”.

No comments:

Post a Comment