Sunette Bridges trou vir die 5de keer en glo aan ware liefde.
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Sunette-met-haar-sweterige-ridder-op-n-wit-perd-getroud-20100617
Sunette met haar 'sweterige' ridder op 'n wit perd getroud"
Jaco Nel
Sunette Bridges is wéér getroud.
Dié sangeres en haar minnaar Tommy Lawson het in die geheim getrou, gaan die kykNET-program Saterdagnag vanaand onthul.
Sunette Bridges is wéér getroud.
'n Kyker het dié paartjie opgemerk by binnelandse sake en die program in kennis gestel.
Die twee aanbieders, Jacques du Preez en Deon Maas, het onverwags by dié sangeres se huis opgedaag en haar oor die huwelik gekonfronteer.
Sy het op kamera erken dat dit die waarheid is.
Bridges was twee weke gelede op dié program toe Maas aan haar 'n polonie-toekenning oorhandig het "omdat sy met 'n sweterige man gedans het". Daar was sprake van regstappe, maar Bridges wil tot dusver niks daaroor sê nie.
"Ons het dit só gedoen want dit is vir ons 'n priva te ding," het Bridges gesê. "Ons wou dit juis nie in die media gehad het nie omdat ons nie gedink het mense sal verstaan hoekom ons dit só gedoen het nie. Dit is jammer as iemand ons nou daar herken het."
Bridges en Lawson was, volgens Du Preez, verras maar vriendelik toe die kameraspan by hul huis opdaag. Lawson het 'n week voor die verfilming verjaar en sê op die program hy het vir hom 'n "lekker geskenk gekry in die vorm van 'n bruid".
Lawson bedank op die program Brides se vorige verloofde se ma "omdat sy daartoe bygedra het dat Sunette vandag aan my sy sit".
Vir Bridges is Lawson haar "ridder op 'n wit perd wat haar lekker bederf". Toe die aanbieders haar vra oor haar mislukte huwelikspogings het sy gesê sy sal nooit ophou glo in ware liefde nie.
Dit is Bridges se vyfde huwelik.
Saterdagnag word vanaand om 21:00 op kykNET uitgesaai.
- Beeld
No comments:
Post a Comment