Help ons, Charlize!


‘Help ons, Charlize!’‘

Is dit dieselfde Charlize vir wie die regse Sunette Bridges geskree het om te help !!!!

Die wêreldberoemde “farm girl” van Benoni, Charlize Theron, moet van haar Hollywood-troontjie afklim en die res van ons “FARM GIRLS EN FARM BOYS” KOM HELP, ASSEBLIEF!

Dít is die beroep wat die Suid-Afrikaanse sangeres Sunette Bridges dié week op die wêreldberoemde Hollywood-aktrise gedoen het nadat nog ’n man van Benoni wreed deur ’n gewapende bende vermoor is. HIERDIE KEER IN DIESELFDE HUIS AS WAT ONSE CHARLIZE GROOTGEWORD HET!

Charlize is betrokke by liefdadigheidsprojekte in Afrika deur middel van haar Charlize Theron Africa Outreach Project en besoek volgens haar webtuiste hoeka hierdie maand Suid-Afrika om handjie by te sit met al die probleme in Afrika. Bridges meen omdat Charlize ’n wêreldberoemde glanspersoonlikheid is, sy die saak van vreesbevange Suid-Afrikaanse plaasboere ’n hupstoot kan gee.


No comments:

Post a Comment