Rassisme

Hierdie is nou werklik Rassisme in die ergste graad.


VERKLARING UITGEREIK DEUR DIE ADMIN VAN DIE FB BLOG - SKAAMBLAD.

Verklaring namens admin: Die admin van die blad verklaar hiermee dat die epos wat ons van Joma van der Merwe ontvang geplaas is soos wat ons dit ontvang het en data daar GEEN veranderinge aan die inhoud aangebring is nie. Joma het in hierdie pos erken dat Sx die epos gestuur het en het dit vanmiddag per inbox asook op ons blad bevestig. Joma het ons om hulp gevra, dus vermoed ons dat sy moontlik gedreig is. Die volgende persverklaring is aan alle daglaaie in die land gestuur met Joma se toestemming. Enige korrespondensie is op aanvraag beskikbaar:

Beste xxxx.. 

Goeiedag
Ek wil graag die volgende inigting onder julle aandag bring en hoor of julle sal belangstel om moontlik 'n artikel te doen op iets wat julle in die verlede oor Sunette Bridges en rassisme geplaas het. 'n Persoon en haar jong kind word tans weer deur Me, Bridges geviktimiseer en rassistiese aanvalle word op die ma geloods oor die kleur van haar aangenome kind. Die ma het my gekontak met inligting en bewyse van e-pos kommunikasie tussen haar en Me Bridges wat uiters skokkend is. die persoon is bereid om die bewyse beskikbaar te stel en ook om 'n persoonlike onderhoud toe te staan. 

Hier is agtergrond inligting soos verskaf deur die dame wat haar aanvanklike kontak met Me Bridges uiteensit.

(Sx in die aanhaling verwys na Me. Bridges)

"OK, ek het op Sx se blad gelees hoe sy arm mense help nadat ek haar verklaring as rasis gelees het. Ek het vir haar 'n comment gelos en gese dat ek dit wil sien en haar toe uitgenooi na 'n uitreiking in Danville - sien die fotos op my blad. Sy het toe sowaar gekom met die belofte van aartappels wat sy laat aflewer wat sy as 'n skening gekry het. Sy het opgedaag sonder die aartappels met 'n pakkie sweets wat sy vir die kinders uitgedeel het. Verder het sy net poseer vir fotos saam met die pastore, ens. daar (sien fotos). Sy het sommer vinnig weer spore gemaak. 
Maar die ding met my kind is dat sy nie geweet ek die swart seuntjie is myne nie en met die sweetie uitdelery het hy ook in die ry gaan staan en het sy na my toe gekom en gese dat sy nou nie snaaks is nie maar sy gaan nie vir daardie swart seun 'n drukkie gee soos vir die blanke kinders nie. 
Ek het toe vir haar gese dat ek my pose sal hou vir die doel daar maar dit is my seun waarop sy toe keelaf gegaan het dat ek haar in 'n lokval gelei het en dat dit nie my kind is nie maar dat ek net die kind daar het om haar te tart. Ek het my kind toe uit die ry gehaal en vir hom gese dat die sweeties net vir die arm maatjies is - wat hy toe verstaan het. Sy het my van daardie tyd af gehaat en vir my 'n epos die Maandag gestuur dat ek haar nooit weer na iets moet uitnooi waar swart kinders teenwoordig is nie." In die e-pos kommunikasie tussen die dames maak Me Bridges geen geheim daarvan hoe sy oor anderskleurige mense voel nie en haar taalgebruik dui op ekstreme rassisme:
Joma xxx



-------Original Message-------From: 

Sunette Bridges Date: 2012/10/25 04:47:10 PM 
To: XXXXX.co.za

Subject: Re: BOERVROULIGA LOL!


 ...nee... jy Jomammatjie, het ‘n groot fout gemaak! Ek het vir jou lankal gese wat my mening oor kaffers is en jy het een gaan aanneem. Ek skaam my vir jou en daarom sal ek jou treiter tot jy nie meer kan nie - ek wat soveel omgee vir my mense sal toesien dat jy breek oor jou volks verraad. En jy sien Poppie, daai “1 kwartaal” op Kovsies, was eintlik 3 jaar... En jy kan maar gaan google WAT ek studeer het! Jy hou mos daarvan om my te be-google en daarom weet ek dat jy niks aan my kan doen nie. Liefde en BAIE sterkte! ...kuier lekker daar by die hole op FB. 
Ek hou jou dop pop!
Sodra jy van jou kaffertjie ontslae raak los ek vir jou ook hoor sussie! 
Sx 



LP’s meen Bridges moet jammer sê

2010-11-10 10:54



Kaapstad. – Die sangeres Sunette Bridges behoort alle Suid-Afrikaners om verskoning te vra en moet haarself vir “sensitiwiteitsklasse” inskryf.

So het dr. Annelie Lotriet, DA-woordvoerder oor kuns en kultuur, gister in die Nasionale Vergadering in ’n ledeverklaring gesê.

Sy het gereageer nadat Bridges onlangs op Facebook gesê het al wat swart mense laat werk, is die sambok.

Bridges het geskryf: “Van al die instrumente wat daar is om mee REGUIT te bou – ’n waterpas, profiele, maatband, ‘fish-
line’, ‘square’ – is ’n sambok wraggies die enigste ene wat vir hierdie Groenie van my werk hoor!!! EISH!!!!! Sx.”


Bridges het klagtes daaroor as “absoluut pateties” afgemaak.

Lotriet het gesê die DA is geskok oor dié “verskriklike en minagtende” uitlatings oor swart Suid-Afrikaners.

“Dit herinner ’n mens eerder aan ’n era van rasseheerskappy onder apartheid as die soort gesprek wat ’n mens in 2010 in ’n veelrassige demokrasie verwag.

“Dit is voorts skokkend dat sy haar uitlatings probeer regverdig.”

Volgens Lotriet is dit ’n aanduiding dat daar nog baie Suid-Afrikaners is wat verwyderd staan van die waardes van ’n moderne
Suid-Afrikaanse samelewing en wat ongevoelig en onverskillig is in hul behandeling van medeburgers.

Mnr. Jeremy Cronin, adjunkminister van vervoer, was dit met Lotriet eens, maar het bygevoeg: “As sý die klasse bywoon, is daar ’n aantal DA-koukuslede wat dalk óók by die klasse sal baat vind.”


No comments:

Post a Comment